fbpx

Persverklaring: Woord-Engel deur Azette Wiesner

Azette WiesnerPERSVERKLARING 

WOORD-ENGEL

deur

AZETTE  WIESNER

Toe jy weg is sonder woorde

en net seer was oor,

het ek bly soek in vers en sinne

om jou naam te hoor. ©

WOORD-ENGEL, debuutbundel deur Azette Wiesner  het ontstaan nadat sy begin skryf het as terapie om  haar seer en rou te verwerk na die  tragiese ongeluk van haar eggenoot,  Etienne Wiesner.

my vers ‘n nuwe lyf;

want seer het my ‘n kans gegee

om ‘n lied vir jou te skryf!

Sy het haar verse op Facebook  geplaas en kort voor lank was sy ‘n enigma met meer as  60 000 vriende:  jonk, oud, veelrassig, Engelsprekend en aanhangers uit  Nederland en België is gereelde lesers van haar verse.

Azette  het nog  altyd graag die poësie gelees van enkele Afrikaanse digters, en Afrikaans was een van haar vakke op universiteit. Haar  gedigte is egter intuïtief en uniek. Sy skryf sonder veel  literêre  verwysings, dit beteken egter nie dat haar werk nie raakgesien word deur kenners van die letterkunde nie.   Haar skryfstem, gebore uit haar eie intense gevoelswêreld bied vertroosting aan duisende mense wat sy aanraak  met  temas  oor  die pyn van rou , die dood en die onbeskryflike verlies van ‘n geliefde. Sonder enige sentimentaliteit en in gewone taal. Toeganklike taal met universele waarde.  

maar dood groet nie

en dit  sê nooit nag nie

Soos reeds genoem, is die digter  ‘n besprekingspunt in die letterkundige geledere:  haar skryfstyl en die eenvoud waarmee sy haar temas leesbaar en sonder pretensie aanbied, maak haar  leesbaar en gewild by mense wat ruiterlik erken dat hulle poësie verpes het op skool.   

“Werklik sielevoedsel”, noem Sandra Dewet-Vandenberg die verse in WOORD-ENGEL.   “Haar skryfstyl is uniek en vars.”

Vir Dr Helena Liebenberg  bied  ‘WOORD-ENGEL ’n klankkoord  na die ewigheid waar die raaisel in die aardse spieël verklaar word deur die ligglans van die ander werklikheid. Ons ken nou ten dele, maar later sal ons ten volle weet en verstaan.’

Azette se sielsvriend,  Marius Britz wat haar bygestaan het tydens haar man, Et se afsterwe: “ Sy het vele mense se wêrelde ryker en kleuriger gemaak met die woorde wat sy giet, sodat die vaagste en verwardste roeringe van die mens se hart ‘n mooi en vaste vorm verkry.  (Soos deur Van Wyk Louw beskryf in sy denke oor groot letterkunde.)”  Dis opmerklik dat sy in dieselfde asem as een van Afrikaans se grootste digters genoem word.

Azette het nooit verwag haar verse sou hierdie soort reaksies uitlok nie, en sy is waarlik nederig en  diep geraak deur die aanprysings wat aangehaal word,  maar sy is veral dankbaar teenoor haar Facebook-lesers en onderaan elke bladsy van WOORD-ENGEL verskyn ‘n aanhalings deur ‘n leser wat haar ontroer het. 

”Ek  sê ook dankie aan al die ‘anonieme’ Facebook name en gesigte op my blad AZETTIENE GEDIGTE wat ek deesdae  vriende kan noem.” 

Die amptelike  bekendstelling  van WOORD-ENGEL is op  8 Augustus by die Atterbury Teater in Pretoria met ‘n optrede deur die bekroonde sangeres,  Helena Hettema. ‘n Bonus CD word saam met die digbundel verpak waarop Helena sestien toonsettings sing van lirieke/verse uit Azette se bundel: 

 

WOORD-ENGEL

deur AZETTE  WIESNER

is verlede Vrydagaand  in Pretoria by die Atterbury Teater vrygtestel. 

Die 400-sitplekteater was volgepak en enige skrywer sal erken dis nie maklik om net honderd gaste by ‘n boekbekendstelling te kry nie! (Tensy jou naam natuurlik Marita vd Vyver is en Elzabe Zietsman saam op die verhoog is met  haar fenomenale sangstem en persoonlikheid!)

Die naam Azette Wiesner was tot dusver miskien onbekend in die Afrikaanse letterkundige wêreld, maar sy is ‘n nuwe digter met ‘n slag vir die woord en emosie wat uniek tot elke leser spreek:  sy word gelees deur letterkundiges en mense wat openlik erken hulle het poësie op skool gehaat.  Sy het ‘n groot aanhang op Facebook wat ook ‘n aanduiding is van haar gewildheid as woordkunstenaar.   

“Woord-Engel” word verpak met ‘n bonus CD,  HETTEMA SING WIESNER,  waarop Helena Hettema sestien toonsettings (deur Lieze Stassen) van Azette se gedigte sing.   Helena het die gehoor aan haar voete gehad met die bekendstelling van die bundel.    

Vier kunstenaars het uittreksels uit haar verse voorgelees,  lang toesprake is vermy en dit was ‘n aand van teater- en woordgenot!   Die inspirasie vir die bundel het egter nie agterweë gebly nie.  “Woord-Engel” is opgedra aan Azette se man, wat twee jaar gelede in ‘n skietongeluk oorlede is.

Azette en Helena is beskikbaar vir onderhoude en fotos. Uitgereik: Azettienne kantoor: 01767342788 vir enige navrae of bestellings:  e-pos: azettienne@gmail.com of kontak Christo 083 894 5107 , Jaco  082 359 3885

Hier staan sy skoene dan –

net sy voete kort.

Sy weet:

ook haar huil

is nou

gekis.

 

 

Clarens Guide
Author: Clarens Guide