Rosendal Festival

Rosendal

Rosendal, one of the most picturesque villages in the eastern Free State, once again invites all to the Love Rosendal Festival 2014. The fifth celebration of this dorpie’s special people, creativity and delicious food – all wrapped in a breathtaking landscape – promises to be a fun-filled and memorable weekend. From 14 to 16 February locals and guests will rejoice in what this magical place is all about with mini workshops, sporting events, music, shopping opportunities, an extravagant parade and lots to eat and drink! Not to mention the chance to delight in the enticing environment and simply do nothing for a while. 

The festival kicks off on Friday evening the 14th with seductive drinks, dinner, dancing, fire and lights at Rosa Restaurant, where you’ll feel the love this Valentine’s day. The newly re-opened hotel, Villa Esperansza, will charm you with a romantic dinner.

 

On Saturday the 15th the village opens its doors and hearts with “Kom doen die rondte van Vader Cloete” -­ a chance to see behind the scenes. It’s a unique opportunity to amble around Rosendal, look into some of the residents’ rustic or avant-garde homes, explore the lush gardens and peek over the shoulders of artists at work in their studios. See how ‘Rosendarlings’ live and work, enjoy their hospitality, savour a delicious homemade snack or acquire something special to remind you of the village’s creative energy. Bring bicycles (or hire them at Studio Ben), walking shoes and a sunhat. Visitors will receive a map, and all the stops will be marked with festive flags. For the less energetic, there’ll be a tractor taxi.

 

On the sporting front, a Fun Run through the charming town takes place early on Saturday morning, and in the afternoon,  the finals of the second annual Love Rosendal Soccer Tournament at the soccer grounds. Come and cheer on the local clubs or, if you’re tennis-mad (like much of Rosendal) be a spectator or participant at the Tennis Club’s tennis tournament.

 

From 3pm to 4pm, well-loved singer and songwriter Anna Davel will make hearts beat even warmer with English, Afrikaans and French odes to love in the Rosendal Theater.

 

From 4.30pm, the village will prepare for the legendary Valentine’s Parade from Rosa Restaurant to the Waya Waya Tavern. The Mautse Primary School drum majorettes will strut their stuff, gumboot dancers will perform their impressive routines, the Caledon Park Trash Band will hit the high notes, and wire car races will kick up dust. The parade, starting at around 6pm, is spectacular – puppets, jugglers, costumed horse-riders and who knows what else…  At the end of the parade participants are traditionally welcomed at the shebeen with ‘Loslappie’ blaring from the speakers!  A shisa nyama (the quintessential township braai) and the cheapest Black Label quarts in the Free State also awaits to take care of the worst hunger and thirst.

 

Saturday evening rounds off with the now renowned party at Rosa, or a karaoke-jol at Villa Esperansza hotel.  Sunday 16 sees guests aiming for a Recovery Breakfast, either at Rosa or at Villa Esperansza.

 

For more information, accommodation options, Anna Davel bookings and programme updates, see www.rosendalinfo.co.za or call 058 211 0902. The Rosendal hotel has re-opened as Villa Esperansza and is not yet listed on the website. Contact them at 083 338 4786 or esperanszavanderwalt@gmail.com

 

 

Rosendal, een van die skilderagtigste dorpies in die Oos-Vrystaat, nooi weereens almal uit vir die Love Rosendal Fees 2014. Hierdie vyfde viering van die dorp se spesiale mense, hul skeppendheid en verruklike kos – als knus toegedraai in ‘n asemrowende landskap – beloof om ‘n prettige naweek vol heerlike herinneringe te wees. Van 14 tot 16 Februarie sal inwoners en gaste bestek neem van dié magiese plek danksy mini werksessies, sportgebeure, musiek, inkopiegeleenthede, ‘n uitspattige optog en baie om te eet en drink! Om nie te vergeet van die kans om jou te verwonder aan die aangrypende omgewing en bloot niks te doen vir ‘n wyle nie. 

Die fees skop Vrydag die 14de af met verleidelike drankies, ete, dans, vuur en lig by Rosa Restaurant, waar jy hierdie Valentynsdag jou geliefde kan bemin. Die pas-heropende hotel, Villa Esperansza, bekoor met ‘n romantiese aandete.

 

Op Saterdag die 15de maak die dorpenaars hul deure en harte oop met “Kom doen die rondte van Vader Cloete” – ‘n kans om te sien wat agter die skerms gebeur. Dis ‘n unieke geleentheid om rond te drentel in Rosendal, in sommige van die inwoners se retro of avant-garde huise in te loer, die lushowe te verken en oor die skouers te kyk van kunstenaars in hul ateljees. Sien hoe die ‘Rosendarlings’ leef en werk, geniet hul gasvryheid, proe ‘n lekker tuisgemaakte happie of koop iets om jou aan die dorp se skeppende energie te herinner. Bring fietse (of huur hulle by Studio Ben), stapskoene en ‘n sonhoed. Besoekers sal ‘n kaart kry en al die afsaalplekke sal met feestelike vlaggies versier wees. Vir die minder energiekes, sal daar ‘n trekker-taxi wees.

 

Wat die sportfront betref, sal Saterdagoggend vroeg ingelui word met ‘n Pretdraf deur die sjarmante dorpstrate. Smiddag volg die eindstryde van die tweede Love Rosendal Sokkertoernooi by die sokkervelde. Kom en moedig die plaaslike klubs in, of as jy tennismal is (soos meeste Rosendallers) kom neem deel aan of bekyk die Tennisklub se tennistoernooi.

 

Van 3nm tot 4nm sal die hartedief sanger en liedjieskrywer Anna Davel almal se harte nog warmer laat klop met Afrikaanse, Engelse en Franse odes aan die liefde in die Rosendal Teater.

 

Vanaf 4.30nm sal die dorp homself voorberei op die legendariese Valentynsoptog van Rosa Restaurant na die Waya Waya Taverne. Laerskool Mautse se drompoppies sal die swier verleen, gumbootdansers sal die aarde laat dreun, Caledon Park Trash Band sal hoë note verseker en draadkarre sal die nodige stof opskop. Die optog, wat omstreeks 6nm begin, is iets om te beleef – poppe, goëlaars, perderuiters in kostuums, en wie weet wat nog… Aan die einde van die optog word deelnemers tradisioneel by die sjebien verwelkom met ‘Loslappie’ wat oor die luidsprekers blêr! ‘n Shisa nyama (die townshipbraai der braaie) en die goedkoopste Black Label quarts in die Vrystaat wag boonop om die ergste honger en dors te les.

 

Saterdagaand word afgerond met die nou befaamde partytjie by Rosa, of ‘n karaoke-opskop by Villa Esperansza hotel. Sondag die 16de stroom een en almal na die Herstelontbyt, óf by Rosa óf by Villa Esperansza.

 

Vir meer inligting, verblyfopsies, Anna Davel-besprekings en programaanpassings, sien www.rosendalinfo.co.za of bel 058 211 0902. The Rosendal hotel is heropen as Villa Esperansza en is nog nie op die webtuiste gelys nie. Kontak hulle op 083 338 4786 of esperanszavanderwalt@gmail.com