Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Love Rosendal Festival

February 13, 2015 @ 9:00 am - February 15, 2015 @ 4:00 pm

Love Rosendal

RosendalIMG_0454-s

Rosendal Fire dancers-s[1]


13 – 15 February 2015

 Love Rosendal Festival 2015

Rosendal, one of the most picturesque villages in the eastern Free State, once again invites all to the Love Rosendal Festival 2015 from 13 to 15 February. This sixth celebration of the dorpie’s special people, creativity and delicious food – all wrapped in a breath-taking landscape – promises to be a fun-filled and memorable weekend. Locals and guests will rejoice in what this magical place is all about thanks to sensual cabaret, sporting events, entertainment, shopping opportunities, an extravagant parade and plenty to eat and drink! Not to mention the chance to delight in the enticing environment and simply do nothing for a while. A further bonus this year is that Radio Maluti will be broadcasting live from Rosa Restaurant’s stoep to the whole of the Eastern Free State. Come see the presenters in action, and listen to their interviews with locals and visitors alike.

 

The festival blasts off at 9pm on Friday the 13th with a sexy comedy in the Rosendal Theatre. ‘PrikkelPot’ sees Marié Beytall, “the Boere Zulu Madonna”, taking her audience across space and time as she becomes the African Creator Goddess. “Skattebollas…Die tannies gaan mal wees oor haar show…Dis raw…dis horny.” On sale will be the Afrikamasutra, the beautifully illustrated Afrikaans-language Kamasutra – a collector’s item!

 

On Saturday the 14th, Valentine’s Day, the village common in front of the restaurant is the place to be. From 9am to 1pm a boeremark-meets-carboot-sale (surrounding a festive marque tent) will have many shopping surprises on offer, including  gorgeous, affordable costumes for the parade later on. Next door, fabulous tennis games will take place from 9am. Tennis elbow or not, come join in the action, or be served a drink at the bar watching other people serving.

 

For the kids, an exciting play area will be open from 10am to 4pm, where the popular costume making workshop will also take place.

 

From 12 to 4pm, the village opens its doors and hearts with ‘Kom doen die rondte van Vader Cloete’ -­ a chance to see behind the scenes. It’s a unique opportunity to amble around Rosendal, look into some of the residents’ rustic or avant-garde homes, explore the lush gardens and peek over the shoulders of artists at work in their studios. See how ‘Rosendarlings’ live and work, enjoy their hospitality, savour a delicious homemade snack or acquire something special to remind you of the village’s creative energy. Bring walking shoes (the town is the size of a stamp) or bicycles (can also be hired at Studio Ben). Visitors will receive a map, and all the stops will be marked with festive flags.

 

From 4pm, all will prepare for the legendary Valentine’s Parade from the common to the Waya Waya Tavern. The Mautse Primary School drum majorettes will strut their stuff, gumboot dancers will perform their impressive routines, the Caledon Park Trash Band will hit the high notes, and wire car races will kick up dust. The parade, starting at around 6pm, is spectacular – puppets, jugglers, costumed horse-riders and who knows what else…  At the end of the parade participants are traditionally welcomed at the shebeen with ‘Loslappie’ blaring from the speakers!  A shisa nyama (the quintessential township braai) and the cheapest Black Label quarts in the Free State also await to take care of the worst hunger and thirst.

 

If you missed out on the delicious Waya Waya food, a bonfire will be lit on the common at 8pm, where anyone can come for a bring and braai. For the culinary challenged and jol-seekers, the evening can be rounded off with the now-renowned party at Rosa Restaurant.

 

Sunday the 16th sees guests and locals recovering and relaxing at home or aiming for a Recovery Breakfast at Rosa. Attending a service in the historic, sandstone church at 9:30 or strolling around the town are other great ways to greet the new day.

 

For more information, accommodation, PrikkelPot-bookings and the programme, see  www.rosendalinfo.co.za and click on ‘events’ or call 058 211 0902. If you wish to participate in the boeremark/carboot sale (it costs mahala), contact Tobias 072 367 5623 or Maretha 082 779 1694.

Rosendal GPS: 28°30′15″S 27°56′00″E

Rosendal, een van die skilderagtigste dorpies in die Oos-Vrystaat, nooi weereens almal uit vir die Love Rosendal Fees 2015 vanaf 13 tot 15 Februarie. Hierdie sesde viering van die dorp se spesiale mense, hul skeppendheid en verruklike kos – als knus toegedraai in ‘n asemrowende landskap – beloof om ‘n prettige naweek vol heerlike herinneringe te wees. Inwoners en gaste sal bestek neem van dié magiese plek danksy sensuele kabaret, sportgebeure, vermaak, inkopiegeleenthede, ‘n uitspattige optog en baie om te eet en drink! Om nie te vergeet van die kans om jou te verwonder aan die aangrypende omgewing en bloot niks te doen nie. ‘n Verdere bonus is dat Radio Maluti vanjaar regstreeks vanaf Rosa Restaurant na die Oos-Vrystaat uitsaai. Kom sien hoe die aanbieders onderhoude met inwoners én besoekers voer.

 

Die fees skop Vrydag die 13de om 9nm af met ‘n sexy komedie in die Rosendal Teater. Marié Beytall, “die Boere Zulu Madonna”, neem in die sensasionele ‘PrikkelPot’ haar gehoor deur tyd en ruimte soos sy haarself in die Oer-Afrikavrou omtower. “Skattebollas…Die tannies gaan mal wees oor haar show…Dis raw…dis horny.” Om als te kroon, sal die Afrikamasutra, ‘n pragtig geïllustreerde Afrikaanse weergawe van die Kamasutra, te koop wees – ‘n moet-hê versamelstuk.

 

Op Saterdag die 14de, Valentynsdag, is die markplein voor die restaurant die plek om te wees. Vanaf 9vm to 1nm bied ‘n boeremark-gekruis-met-kattebak-smouse (rondom ‘n feestelike markiestent) talle inkopieverrassings, insluitende pragtige, bekostigbare uitrustings vir die parade later in die dag. Langsaan sal “tawwe” tenniswedstryde plaasvind vanaf 9vm. Tennis-elmboog of de not, kom deel in die aksie of laat iemand jou ‘n drankie bedien terwyl jy toekyk hoe ander dien.

 

Vir die kinders is daar ‘n opwindende speelterrein vanaf 10vm tot 4nm, waar die gewilde kostuummaak werksessie ook sal plaasvind.

 

Vanaf 12 tot 4nm maak die dorpenaars hul deure en harte oop met ‘Kom doen die rondte van Vader Cloete’ – ‘n kans om te sien wat agter die skerms gebeur. Dis ‘n unieke geleentheid om rond te drentel in Rosendal, in sommige van die inwoners se retro of avant-garde huise in te loer, die lushowe te verken en oor die skouers te kyk van kunstenaars in hul ateljees. Sien hoe die ‘Rosendarlings’ leef en werk, geniet hul gasvryheid, proe ‘n lekker tuisgemaakte happie of koop iets om jou aan die dorp se skeppende energie te herinner. Bring stapskoene (die dorp sit die piep in piepklein) of fietse (kan ook by Studio Ben gehuur word). Besoekers sal ‘n kaart kry en al die afsaalplekke sal met feestelike vlaggies versier wees. 

 

Vanaf 4nm sal die dorp sigself voorberei op die legendariese Valentynsoptog van Rosa Restaurant na die Waya Waya Taverne. Laerskool Mautse se drompoppies sal die swier verleen, gumbootdansers sal die aarde laat dreun, Caledon Park Trash Band sal hoë note verseker en draadkarre sal die nodige stof opskop. Die optog, wat omstreeks 6nm begin, is iets om te beleef – poppe, goëlaars, perderuiters in kostuums, en wie weet wat nog… Aan die einde van die optog word deelnemers tradisioneel by die sjebien verwelkom met ‘Loslappie’ wat oor die luidsprekers blêr! ‘n Shisa nyama (die townshipbraai der braaie) en die goedkoopste Black Label quarts in die Vrystaat wag boonop om die ergste honger en dors te les.

 

As jy uitgemis het op die heerlike Waya Waya kos, kan jy na die markplein kom vir ‘n bring en braai vanaf 8nm wanneer ‘n vreugdevuur aangesteek word. Maar as jy jou kulinêre kookkunsies tuis gelos het of nog wil jol, kan jy oorstap na Rosa en aansluit by hul befaamde partytjie.

 

Sondag die 16de sal inwoners en besoekers óf tuis ontspan óf aansit vir ‘n Herstelontbyt by Rosa. ‘n Erediens in die historiese sandsteen kerk om 9:30 of ‘n rustige wandeling in die dorp is ook ander opsies om die nuwe dag in te sien.

 

Vir meer inligting, verblyfopsies, PrikkelPot-besprekings en die program, sien www.rosendalinfo.co.za en kliek op ‘events’ of bel 058 211 0902. As jy aan die boeremark/kattebakverkoping wil deelneem (dit kos mahala), kontak Tobias 072 367 5623 of Maretha 082 779 1694.

Rosendal GPS: 28°30′15″S 27°56′00″O

 For more information, accommodation options and the programme, see www.rosendalinfo.co.za and click on ‘events’ or call 058 211 0902. 

In the lead up to the Love Rosendal Festival 13-15 February, 5 articles about the village have appeared in in-flight magazines this month. Click on the links to see them. Enjoy.

In die aanloop tot die Love Rosendal Fees 13-15 Februarie het 5 artikels oor die dorpie vandeesmaand in vlugredery-tydskrifte verskyn. Kliek op die skakels om hulle te sien. Geniet

The Little Town with a Big Heart – Indwe

Ask a Local in Rosendal – High Life SA

The village people – Khuluma

Une petite ville au grand coeur – Indwe (French version)

Town of the Month – Mango Juice

http://rosendalinfo.co.za/media/

Details

Start:
February 13, 2015 @ 9:00 am
End:
February 15, 2015 @ 4:00 pm

Venue

Rosendal
Rosendal, Free State 9707 South Africa
Phone:
058 211 0902
Website:
www.rosendalinfo.co.za

Organizer